Sale!

Additional information

Volume

750ml

Alcohol %

43 % ALC/VOL

Gemmer Brandewyn

R199.00

Jan se Boetie Gemmer

Hierdie eg Suid-Afrikaanse kruie doepa sorgsaam geformuleer om enige vervelige partytjie of stroewe gemoed ‘n hupstoot te gee. Het jy geweet dat gemmer een van Moeder Natuur se kragtigste anti-oksidante en ontgifters is? Gebruik Jan se Boetie Gemmer Brandewyn en ontgif jou sisteem van pessimisme en maak plek vir pure plesierigheid.

Dalk wil jy uit die greep van ’n verkoue of die veeleisende gesprekke van jou skoonma ontsnap? Met Jan se Boetie Gemmer Brandewyn is jy sommer gou weer blymoedig of op ‘n stasie – wat jy ookal meer gerieflik vind na gelang van die omstandighede…

Hierdie doepa is onontbeerlik in wintertye en jou beste vriend by basies enige geselligheid.

Nie te koop aan mense onder die ouderdom van 18 nie.

 

 

 

SKU: 6009881085360-1 Categories: ,
0
    0
    Your Basket
    Your basket is emptyReturn to Shop